top of page

Paul O'Sullivan, Parlement and Rassisme

Ek het die gewoonte gehad om na die kanaal Biznews op YouTube te kyk. Van tyd-tot-tyd het die aanbieder, meestal Alec Hogg, onderhoude gevoer met Paul O’Sullivan, die groot vegter teen misdaad en korrupsie in die kriminele regstel.

Nou moet ek ongelukkig erken dat ek soms swak oordeel aan die dag kan lê. Ek het O’Sullivan bewonder, en elke woord wat hy gesê het, opgeslurp.

As ʼn verklarende voetnota, moet ek egter meld dat, in die geval, daar vir my ʼn verskil was tussen “bewonder” en “het gehou van”. Ek het hom bewonder omdat hy werklik voorgekom het as ʼn uitmuntende, vreeslose vegter teen misdaad, wat al die hoof van die polisie (Jackie Selebe) en vele ander korrupte hooggeplaastes tot ʼn geval gebring het. Maar ek het nie van hom gehou nie, omdat hy oorgekom het as ʼn arrogante persoonlikheid wat aanhoudend, letterklik sonder ophou, ge-name-drop” het.

Ek het gewonder hoe de hel hierdie man, wat skynbaar geen direkte hiërargiese posisie in die polisie beklee het nie, anders as ʼn reservis nie, so magtig kan wees dat hy senior polisiebeamptes links-en-regs kan dreig, en skynbaar werklik daarin geslaag het om (minstens by te dra) om verskeie beamptes tot ʼn val te bring. Ek het geargumenteer dat is seker maar deel van die wanorde is waarin die land se polisiemag verval het; O’Sullivan het waarskynlik direkte toegang tot die President en ander hooggeplaaste ANC baie belangrike persone gehad.

Ek het werklik geglo die man het uitstekende kwalifikasies in die polisiewese. Hy het altyd geloop en selfprysing doen dat hy die enigste gekwalifiseerde forensiese ondersoekbeampte in die land is. Ek het toe maar aangeneem dit beteken dat hy baie jare se studies agter die rug gehad het om dit te kon bereik; iets soos ʼn forensiese ouditeur, of ʼn geoktrooieerde rekenmeester.

Om eerlik te wees, het ek selfs O’Sullivan se “kant gevat” in sy woede-uitbarsting in Julie 2025, toe Nhlanhla Mkhwanazi  sy berugte nuuskonferensie gehad het, waartydens hy beskuldigings oor korrupsie in die Suid-Afrikaanse regstelsel rondgegooi het. Dit was nie dat ek nie die beweringe geglo het nie, ek het elke woord geglo; dit was eerder ʼn geval dat ek nie gedink het Mwkwananzi en die kliek wat hy opgehemel het, minder skuldig is aan korrupsie en  ongerymdhede as die kliek (of faksie) wat hy beskuldig het nie. Dit is steeds my mening.

Na die nuuskonferensie was die regstelsel deurlopend in die nuus – en so ook O’Sullivan, veel meer gereeld as voorheen. Ek het die geleentheid gehad om sy optrede, uitsprake en bewerings op te weeg teen ʼn uitgebreide volume van getuienisse en gebore wat openbaar geword het.

Een ding wat my begin gepla het, was die vraag: Hoekom kom O’Sullivan nooit met bewyse vir die ernstige beweringe wat hy so links-en-regs rondgooi vorendag nie? Ek verstaan dat die besit van Louis Vuitton handsakke en ander bykomstighede seker nie werklik by die vrou of minnares van ʼn polisieoffisier hoort nie (want dit kos tot R25,000 per handsak). Mag ook heel moontlik wees dat dit omkoopgeskenke aan was aan senior polisiebeamptes deur tenderpreneurs wat gehoop het om reuse polisiekontrakte los te slaan. Maar werklik, in die wêreld van ʼn volslae korrupte polisiemag, soos uiteengesit deur Ek het die gewoonte gehad om na die kanaal Biznews op YouTube te kyk. Van tyd-tot-tyd het die aanbieder, meestal Alec Hogg, onderhoude gevoer met Paul O’Sullivan, die groot vegter teen misdaad en korrupsie in die kriminele regstel.

Nou moet ek ongelukkig erken dat ek soms swak oordeel aan die dag kan lê. Ek het O’Sullivan bewonder, en elke woord wat hy gesê het, opgeslurp.

As ʼn verklarende voetnota, moet ek egter meld dat, in die geval, daar vir my ʼn verskil was tussen “bewonder” en “het gehou van”. Ek het hom bewonder omdat hy werklik voorgekom het as ʼn uitmuntende, vreeslose vegter teen misdaad, wat al die hoof van die polisie (Jackie Selebe) en vele ander korrupte hooggeplaastes tot ʼn geval gebring het. Maar ek het nie van hom gehou nie, omdat hy oorgekom het as ʼn arrogante persoonlikheid wat aanhoudend, letterklik sonder ophou, ge-name-drop” het.

Ek het gewonder hoe de hel hierdie man, wat skynbaar geen direkte hiërargiese posisie in die polisie beklee het nie, anders as ʼn reservis nie, so magtig kan wees dat hy senior polisiebeamptes links-en-regs kan dreig, en skynbaar werklik daarin geslaag het om (minstens by te dra) om verskeie beamptes tot ʼn val te bring. Ek het geargumenteer dat is seker maar deel van die wanorde is waarin die land se polisiemag verval het; O’Sullivan het waarskynlik direkte toegang tot die President en ander hooggeplaaste ANC baie belangrike persone gehad.

Ek het werklik geglo die man het uitstekende kwalifikasies in die polisiewese. Hy het altyd geloop en selfprysing doen dat hy die enigste gekwalifiseerde forensiese ondersoekbeampte in die land is. Ek het toe maar aangeneem dit beteken dat hy baie jare se studies agter die rug gehad het om dit te kon bereik; iets soos ʼn forensiese ouditeur, of ʼn geoktrooieerde rekenmeester.

Om eerlik te wees, het ek selfs O’Sullivan se “kant gevat” in sy woede-uitbarsting in Julie 2025, toe Nhlanhla Mkhwanazi  sy berugte nuuskonferensie gehad het, waartydens hy beskuldigings oor korrupsie in die Suid-Afrikaanse regstelsel rondgegooi het. Dit was nie dat ek nie die beweringe geglo het nie, ek het elke woord geglo; dit was eerder ʼn geval dat ek nie gedink het Mwkwananzi en die kliek wat hy opgehemel het, minder skuldig is aan korrupsie en  ongerymdhede as die kliek (of faksie) wat hy beskuldig het nie. Dit is steeds my mening.

Na die nuuskonferensie was die regstelsel deurlopend in die nuus – en selfs ook, O’Sullivan veel meer gereeld as voorheen. Ek het die geleentheid gehad om sy optrede, uitsprake en bewerings op te weeg teen ʼn uitgebreide volume van getuienisse en gebore wat openbaar geword het. Een ding wat my begin pla het, was die vraag: Hoekom kom O’Sullivan nooit met bewyse vir die ernstige beweringe wat hy so links-en-regs rondgooi vorendag nie? Ek verstaan dat die besit van Louis Vuitton handsakke en ander bykomstighede seker nie werklik by die vrou of minnares van ʼn polisieoffisier hoort nie (want dit kos tot R25,000 per handsak). Mag ook heel moontlik wees dat dit omkoopgeskenke aan was aan senior polisiebeamptes deur tenderpreneurs wat gehoop het om reuse polisiekontrakte los te slaan. Maar werklik, in die wêreld van ʼn volslae korrupte polisiemag, soos uiteengesit deur Mkwananzi, kon die besit van ʼn Luois Vuitton handsak werklikwaar nie die enigste bewys van grootskaalse korrupsie en ongerymdhede gewees het in die geledere van wat duidelik O’Sullivan se vyande was nie.  

Toe moes ek aanvaar dat Paul O’Sullivan ʼn grootprater is, ʼn blaasoppertjie- persoonlikheid wat vir jare lank geloop en belangrik gespeel het; en wragtigwaar weggekom het daarmee. Hy het vriende in hooggeplaaste kringe gehad, soos Ramaphosa en McBride, wat hom beskerm het. Hy was egter nooit die briljante “James Bond”-tipe karakter wat hy voorgegee het nie. Die ding is ook dat, soos mense soos Ramaphosa die leer van mag en persoonlikheid geklim het, het die assosiasie met O’Sullivan verlangsaam en verswak.

Ek sou graag aan O’Sullivan wou gesê het: “Jy het op ʼn stadium terloopse opleiding gegee aan Cyril Ramaphosa as ʼn polisiereservis. Dit is dit. Jy is duidelik nie die een of ander intieme vriend van die President, soos hy probeer voorgee nie. Hou op om in die openbaar voor te gee; noudat die waarheid begin uitkom, lyk jy al meer soos ʼn gek!”

 Wat my egter finaal onder gekry het, was O’Sullivan se verskyning voor die Parlement se komitee wat Mkwananzi se beweringe oor korrupsie in die stafregstelsel moet ondersoek.

Nou kyk, ek weet dat die lede van die komitee politici is, en dat die meerderheid van hulle vyande van O’Sullivan is; deels omdat hy wit is, en deels oor sy aanvalle op Mkwananzi. Nog steeds het hy uiters swak vertoon.

Kyk, ek gee nie ʼn snars om of Paul O’Sullivan deur die voormalige Veiligheidspolisie as ʼn spioen gewerf is toe hy iewers in die tagtiger jare na Suid-Afrika verhuis het nie. In my boek sal dit ʼn pluspunt wees as O’Sullivan werklik iewers in die tagtiger jare in ʼn brief aangevoer het dat hy graag Afrikaans wou leer praat. Sie gedeelte oor “homself tuis voel in Suid-Afrika se Blanke gemeenskap met hulle Westerse kulturele ingesteldheid” (losweg vertaal), is miskien darem net te naby aan Apartheid-uitsprake om gemaklik met my te sit), maar in die algemeen het ek geen probleem met hoe O’Sullivan in Suid-Afrika beland, of ʼn Suid-Afrikaanse burger geword het nie.

Om egter komiteelede te “verbied” om enige vrae te vra oor jou geskiedenis voor 1990, is nie slegs ongelooglik arrogant nie, maar ook absurd. Hoekom? Is daar die een of ander staatsgeheim verskuil in jou aktiwiteite gedurende daardie tydperk? Indien wel, is daardie geheim miskien juis jou bedrywighede by operasies van die voormalige veiligheidsmagte van die Apartheidregering?

Wat ook absurd is, is O’Sullivan se selektiewe geheue. My liewe land, as jy feitlik enige tagtigerjarige persoon vandag sou vra of hulle matriek geslaag het, sal hulle jou onmiddellik kan antwoord. Paul O’Sullivan kan nie onthou nie. Die man het duidelik verdomp nie eens ʼn matriek (of gelykwaardige) kwalifikasie nie. Wat hy wel skynbaar het, is die een of ander ingenieurskwalifikasie van ʼn technikon in  Manchester, Engeland; ‘ʼn akademiese inrigting wat nie bestaan nie.  En wat dan van die veelberoemde kwalifikasie as ʼn geoktrooieerde forensiese ondersoeker? Wel, skynbaar ʼn kwalifikasie verkry deur ʼn persoon sonder matriek of enige tersiêre akademiese kwalifikasies van ʼn obskure instellings iewers in die Verenigde State.

As jy na onderhoude met O’Sullivan luister, word dit goeie duidelik dat hy totaal verward raak wanneer hy “aangevat” word oor tegnies gevorderde aspekte van ondersoekwerk. Hoe lank het die man weggekom (en miljoene rande verdien) as ʼn “forensiese ondersoeker” met ʼn uitmuntende reputasie in Suid-Afrika? Hoeveel skade is in die proses aangeteken?

Wat ek ook nie kan verstaan nie, is of O’Sullivan ʼn ingenieur is of nie. My liewe land, as hy ʼn gekwalifiseerde ingenieur is, sal die eenvoudigste ding op aarde immers wees om bewys van die graad of diploma in Ingenieurswese by die Komitee in te dien?

Toe die “paw paw the fan strike” toe is die hooggeagte, vreeslose O’Sullivan, wat mense links-en-regs blatant geïntimideer het, uitsluitend getuies onder eed, skielik land-uit, met een van sy verskeie paspoorte (iets waarop hy baie trots is). En toe hy uiteindelik al skoppende-en-skreeuende terugdwing was na Suid-Afrika, om voor die Parlementêre komitee te kom getuig, toe het hy skielik ʼn dringende, reeds-geskeduleerde vlug, om 15:15 die middag, wat hy onder geen omstandighede kon mis nie. Liewe aarde, Mens, as jy weet jy moet getuig, hoekom bespreek jy nie ʼn vliegtuigkaartjie nadat jy klaar is in die Parlement nie? Gedurende sy vorige verskyning voor die Parlementêre komitee, het hy by verskeie aangeleenthede gespog dat hy sy eie privaat vliegtuig besit, en ʼn lisensie om dit te kan vlieg. Dan is Julius Malema reg as hy aanvoer dat ʼn man met ʼn privaat vliegtuig, wat dit self kan vlieg, nie nodig het om ʼn vlug bespreek vir presies kwart-oor-drie juis op die dag wat hy getuienis voor die Parlementêre komitee moet aflê nie. O’Sullivan se optrede was disrespek teenoor die Parlement.

Paul O’Sullivan is ʼn grootprater, wat in sy lewe veel meer erkenning en rykdom bekom het deur sy bombasme as waarop hy geregtig was in terme van sy werklike kwalifikasies en vermoëns.

Dit is die een kan van die argument.

Die ander is dat die lede van die Parlementêre komitee wat hom ondervra het, van die begin af daarop ingestel was om hom te verneder, te verkleineer, hom as ʼn Apartheidsagent voor te stel, en (veral) om hom uit te maak as ʼn rassis.

Daar word vir jare nou-al baie gepraat in Suid-Afrika oor die rassisme van Apartheid. Ons het nou ʼn stadium bereik waar die rassistiese retoriek gemik teen Blanke Suid-Afrikaners alle perke van redelikheid en aanvaarbare politieke debat oorskry (en oorskry het). Die rasse-uitsprake wat verskeie lede van die komitee gemaak het, is meer openlik rassisties as wat die voormalige leier van die AWB toegelaat was (of gemaak het). In linkse kringe in Suid-Afrika is dit nie net toelaatbaar nie, maar het dit die norm, die narratief, geword.

Julius Malema se uitsprake grens nie net aan rassisme nie; dit is flagrante rassisme sonder grense. In die Suid-Afrikaanse parlement word die rassistiese ondertone daarvan nie net toegelaat nie, maar stilswyend aanvaar as die narratief.

Die optrede van sommige Parlementslede gedurende die komitee se ondervraging van O’Sullivan was nie slegs disrepekvol nie, en nie slegs rassisties in uitspraak nie, maar fisies bedreigend (soos die MKP se David Skosana, wat in die deur gaan staan het, en O’Sullivan duidelik fisies probeer verhoed het om die raad te verlaat)., kon die besit van ʼn Luois Vuitton handsak werklikwaar nie die enigste bewys van grootskaalse korrupsie en ongerymdhede gewees het in die geledere van wat duidelik O’Sullivan se vyande was nie.  

Toe moes ek aanvaar dat Paul O’Sullivan ʼn grootprater is, ʼn blaasoppertjie- persoonlikheid wat vir jare lank geloop en belangrik gespeel het; en wragtigwaar weggekom het daarmee. Hy het vriende in hooggeplaaste kringe gehad, soos Ramaphosa en McBride, wat hom beskerm het. Hy was egter nooit die briljante “James Bond”-tipe karakter wat hy voorgegee het nie. Die ding is ook dat, soos mense soos Ramaphosa die leer van mag en persoonlikheid geklim het, het die assosiasie met O’Sullivan verlangsaam en verswak.

Ek sou graag aan O’Sullivan wou gesê het: “Jy het op ʼn stadium terloopse opleiding gegee aan Cyril Ramaphosa as ʼn polisiereservis. Dit is dit. Jy is duidelik nie die een of ander intieme vriend van die President, soos hy probeer voorgee nie. Hou op om in die openbaar voor te gee; noudat die waarheid begin uitkom, lyk jy al meer soos ʼn gek!”

 Wat my egter finaal onder gekry het, was O’Sullivan se verskyning voor die Parlement se komitee wat Mkwananzi se beweringe oor korrupsie in die stafregstelsel moet ondersoek.

Nou kyk, ek weet dat die lede van die komitee politici is, en dat die meerderheid van hulle vyande van O’Sullivan is; deels omdat hy wit is, en deels oor sy aanvalle op Mkwananzi. Nog steeds het hy uiters swak vertoon.

Kyk, ek gee nie ʼn snars om of Paul O’Sullivan deur die voormalige Veiligheidspolisie as ʼn spioen gewerf is toe hy iewers in die tagtiger jare na Suid-Afrika verhuis het nie. In my boek sal dit ʼn pluspunt wees as O’Sullivan werklik iewers in die tagtiger jare in ʼn brief aangevoer het dat hy graag Afrikaans wou leer praat. Sie gedeelte oor “homself tuis voel in Suid-Afrika se Blanke gemeenskap met hulle Westerse kulturele ingesteldheid” (losweg vertaal), is miskien darem net te naby aan Apartheid-uitsprake om gemaklik met my te sit, maar in die algemeen het ek geen probleem met hoe O’Sullivan in Suid-Afrika beland, of ʼn Suid-Afrikaanse burger geword het nie.

Om egter komiteelede te “verbied” om enige vrae te vra oor jou geskiedenis voor 1990, is nie slegs ongelooglik arrogant nie, maar ook absurd. Hoekom? Is daar die een of ander staatsgeheim verskuil in jou aktiwiteite gedurende daardie tydperk? Indien wel, is daardie geheim miskien juis jou bedrywighede by operasies van die voormalige veiligheidsmagte van die Apartheidregering?

Wat ook absurd is, is O’Sullivan se selektiewe geheue. My liewe land, as jy feitlik enige tagtigerjarige persoon vandag sou vra of hulle matriek geslaag het, sal hulle jou onmiddellik kan antwoord. Paul O’Sullivan kan nie onthou nie. Die man het duidelik verdomp nie eens ʼn matriek (of gelykwaardige) kwalifikasie nie. Wat hy wel skynbaar het, is die een of ander ingenieurskwalifikasie van ʼn technikon in  Manchester, Engeland; ‘ʼn akademiese inrigting wat nie bestaan nie.  En wat dan van die veelberoemde kwalifikasie as ʼn geoktrooieerde forensiese ondersoeker? Wel, skynbaar ʼn kwalifikasie verkry deur ʼn persoon sonder matriek of enige tersiêre akademiese kwalifikasies van ʼn obskure instellings iewers in die Verenigde State.

As jy na onderhoude met O’Sullivan luister, word dit goeie duidelik dat hy totaal verward raak wanneer hy “aangevat” word oor tegnies gevorderde aspekte van ondersoekwerk. Hoe lank het die man weggekom (en miljoene rande verdien) as ʼn “forensiese ondersoeker” met ʼn uitmuntende reputasie in Suid-Afrika? Hoeveel skade is in die proses aangeteken?

Wat ek ook nie kan verstaan nie, is of O’Sullivan ʼn ingenieur is of nie. My liewe land, as hy ʼn gekwalifiseerde ingenieur is, sal die eenvoudigste ding op aarde immers wees om bewys van die graad of diploma in Ingenieurswese by die Komitee in te dien?

Toe die “paw paw the fan strike” toe is die hooggeagte, vreeslose O’Sullivan, wat mense links-en-regs blatant geïntimideer het, uitsluitend getuies onder eed, skielik land-uit, met een van sy verskeie paspoorte (iets waarop hy baie trots is). En toe hy uiteindelik al skoppende-en-skreeuende terugdwing was na Suid-Afrika, om voor die Parlementêre komitee te kom getuig, toe het hy skielik ʼn dringende, reeds-geskeduleerde vlug, om 15:15 die middag, wat hy onder geen omstandighede kon mis nie. Liewe aarde, Mens, as jy weet jy moet getuig, hoekom bespreek jy nie ʼn vliegtuigkaartjie nadat jy klaar is in die Parlement nie? Gedurende sy vorige verskyning voor die Parlementêre komitee, het hy by verskeie aangeleenthede gespog dat hy sy eie privaat vliegtuig besit, en ʼn lisensie om dit te kan vlieg. Dan is Julius Malema reg as hy aanvoer dat ʼn man met ʼn privaat vliegtuig, wat dit self kan vlieg, nie nodig het om ʼn vlug bespreek vir presies kwart-oor-drie juis op die dag wat hy getuienis voor die Parlementêre komitee moet aflê nie. O’Sullivan se optrede was disrespek teenoor die Parlement.

Paul O’Sullivan is ʼn grootprater, wat in sy lewe veel meer erkenning en rykdom bekom het deur sy bombasme as waarop hy geregtig was in terme van sy werklike kwalifikasies en vermoëns.

Dit is die een kan van die argument.

Die ander is dat die lede van die Parlementêre komitee wat hom ondervra het, van die begin af daarop ingestel was om hom te verneder, te verkleineer, hom as ʼn Apartheidsagent voor te stel, en (veral) om hom uit te maak as ʼn rassis.

Daar word vir jare nou-al baie gepraat in Suid-Afrika oor die rassisme van Apartheid. Ons het nou ʼn stadium bereik waar die rassistiese retoriek gemik teen Blanke Suid-Afrikaners alle perke van redelikheid en aanvaarbare politieke debat oorskry (en oorskry het). Die rasse-uitsprake wat verskeie lede van die komitee gemaak het, is meer openlik rassisties as wat die voormalige leier van die AWB toegelaat was (of gemaak het). In linkse kringe in Suid-Afrika is dit nie net toelaatbaar nie, maar het dit die norm, die narratief, geword.

Julius Malema se uitsprake grens nie net aan rassisme nie; dit is flagrante rassisme sonder grense. In die Suid-Afrikaanse parlement word die rassistiese ondertone daarvan nie net toegelaat nie, maar stilswyend aanvaar as die narratief.

Die optrede van sommige Parlementslede gedurende die komitee se ondervraging van O’Sullivan was nie slegs disrepekvol nie, en nie slegs rassisties in uitspraak nie, maar fisies bedreigend (soos die MKP se David Skosana, wat in die deur gaan staan het, en O’Sullivan duidelik fisies probeer verhoed het om die raad te verlaat).

Wat is sogenaamde "Whiteness"? Ek sal jou sê wat dit is: Dit is suiwer "racial profiling", gebruik deur rassiste soos Julius Malema om enige rassistiese uitspraak te maak, en net weg te kom daarmee nie, maar selfs aangeprys te word daarmee. Dit is deel van die woordeskat van die Kritieke Rasse Ideologie om Wit mense altyd skuldig te maak, en Swart mense onmoontlik om rassiste te wees. Maar dit is suiwer rassisme.

Hoe kan Paul O’Sullivan se optrede in die Parlementêre komitee as “rassisties” gesoen of geklassifiseer word? Ek kan nog die “disrespek teenoor Parlement” deel verstaan, alhoewel ek ook moet opmerk dat die lede van die komitee se optrede teenoor O’Sullivan veel meer direspekvol was as sy optrede teenoor hulle. Maar wat op dees aarde in O’Sullivan se optrede kan geklassifiseer word as “rassisme” of “rasse- meerderwaardigheid?’ Die antwoord is eenvoudig “niks nie.”

Anders as die uitsprake van hierdie woordevoerder van die ANC, het O’Sullivan nooit, op geen stadium van die kommissie se werksaamhede, neerhalend of disrespekvol verwys na ʼn ander ras, of ‘n persoon in daardie persoon se hoedanigheid as demografiese deel van ʼn ander rassegroep nie.

Khusela Diko was dieselfde persoon wat gedurende die Covid pandemie betrek wa sby 'n skandaal van R125 miljoen Rand, waar 'n tender toegeken was aan haar eggenoot se maatskappy om teen enorme opgeblaaste pryse berskermende klerasie aan die Gautengse Departement van Gesondheid te verskaf - sonder enige ervaring in die bedryf.

Die probleem is dat hierdie narratief op die hoogste vlak in die land begin – by die President. Na my mening was Ramaphosa se tirade oor Swart Ekonomiese Bemagtig gedurende sy republiek op die debat van Parlementreiers oor vanjaar se Nasionale Begrotingrede gedoop in die sous van rassistiese sentimente.

Toe Ramaphosa sy herinneringe van meer as 40 jaar gelede gedeel het oor rassismebeleid in die mynbousektor, het hy duidelik heeltemal vergeet om te noem dat dit vandag sy regering is wat wette en beleid gebruik om 'n ander demografiese groep, naamlik wit Suid-Afrikaners, van gelyke deelname aan die ekonomie uit te sluit. Alles is gesê vanuit 'n selektiewe geheue-oogpunt, sonder enige agting vir die vernietigende impak van die rassistiese beleid op die lewens van wit Suid-Afrikaners VANDAG.

Wat ook veral insiggewend is, is sy voorbeeld dat alle politieke partye in die kabinet na dieselfde beleidsdoelwitte werk, naamlik dié van die Regering van Nasionale Eenheid. Dit impliseer dat beide die DA, sowel as die Vryheidsfront Plus, ewe skuldig is aan die staatsgeborgde rassisme wat teen wit Suid-Afrikaners gepleeg word; net so skuldig soos die ANC.

Dit is 'n depressiewe gedagte. Die werklikheid is dus dat ons, ons kinders en heel waarskynlik ook ons ​​kleinkinders, in ons geboorteland onderdruk sal word, sonder dat iemand ons verteenwoordig en daarna streef om die rassediskriminasie te beëindig. Waar laat dit ons?

Die feit dat die Grondwet rassisme toelaat en wettig, maak dit nie reg nie; dit legitimeer en institusionaliseer dit slegs. Dit die permanensie van rassisme; wat 'n verdere teken is van die algehele gebrek aan kwaliteit en toewyding van diegene wat veronderstel was om wit belange te beskerm tydens die onderhandelingsproses van die 1990's.

Ongelukkig is die mees depressiewe van alles die bewustheid dat, ten spyte van dit alles, die grootste deel van diegene teen wie blatant gediskrimineer word, heel waarskynlik gaan stem vir die sogenaamde verteenwoordigers wat deel is van die diskriminasieregime, die vae (en nooit te verwesenlik) hoop dat dan “ten minste dinge 'n bietjie beter sal wees”, of, selfs meer skrikwekkend, onder die illusie dat samewerking die rassistiese regering sal paai, en hulle hul bates, rykdom en posisies net 'n bietjie langer sal kan behou.

Image source: Facebook

Comments

F. Minnaar, Analyst © Copyright. 2026. All rights reserved.
  • X
  • Facebook
  • LinkedIn
  • Youtube

Accept the Terms of Use of this website before continue using it. If you don't agree to these terms, please leave without further use.

Read the Privacy Policy for this website, setting out how your private information will be protected when using the site.

bottom of page